Groot opgewondenheid het Saterdagaand geheers met weereens uitstekende nuwe SA Rekord pryse  vir die mees gesogte diere in die land.

Welbekende wildboer, Peter Bellingham het ‘n 25% aandeel van die grootste buffel tans in die wêreld gekoop vir die verstommende bedrag van R44 miljoen.

Horison, die 55” super buffel is 4 jaar gelede deur Piet du Toit, in vennootskap met Norman Adami en Ben Botha gekoop vir R26 miljoen.

Ander rekordpryse sluit in ‘n Gouewildebeesbul wat vroeg in die veiling al deur Phillip Mostert van Gamevest Game Breeders vir R6 miljoen gekoop is, Rooiribbokke wat teen R50 000 stuk verkoop is en ‘n 27” rooibokram wat ‘n prys van ‘n miljoen rand gehaal het.

Die omset van die veiling was R231 miljoen teenoor R 266 miljoen van verlede jaar, maar Lood Bester, Besturende Direkteur van Wildswinkel dat hy tevrede is met die veiling.

‘n Ander hoogtepunt is natuurlik die Swartrooibokram wat R800 000 gehaal het, vir ‘n hulpprojek vir boere in nood as gevolg van die droogte.

Veiling Video – WildlifeRanching TV

 

Veiling galery

DSC_0004 DSC_0037 DSC_0043 DSC_0058 DSC_0062 DSC_0069 DSC_0071 DSC_0072 DSC_0075 DSC_0079 DSC_0097 DSC_0102 DSC_0104 DSC_0111 DSC_0123 DSC_0124

LEAVE A REPLY

Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.