Geografiese Inligtingstelsels

Die gebruik van bekostigbare geografiese inligtingstelsels en hoë kwaliteit ruimtelike data in wildsplaasbestuur.

Wildsplaasbestuur soos verskeie ander tipes van boerdery is tot mislukking gedoem tensy dit binne ekologiese perke van die gebied geskied. Een van die belangrikste faktore wat in ag geneem moet word tydens die aankoop asook bestuur van die wildsplaas is die werking van ekositeme op die plaas. Die kartering en monitoring van die toestand van hierdie ekosisteme (byvoorbeeld grond, plantegroei en water) is baie belangrik. Om hierdie inligting te kombineer met ander bestuursaktiwiteite, soos die skep van infrastruktuur (paaie, heinings, drinkplekke en geboue), in n omvattende bestuursplan kan baie vergemaklik word deur die gebruik van hoë resolusie satellietbeelde of lugfotos in n Geografiese Inligtingstelsel (GIS) omgewing.

Beskikbaarheid van GIS sagteware en relevante data 

Tot n paar jaar terug was die gebruik van GIS sagteware en goeie kwaliteit satellietdata en lugfotos net beskore vir groot organisasies met stywe begrotings. Die beskikbaarheid van hoë resolusie data deur Google Earth (GE) het die situasie heelwat verander – skielik kon die breë publiek toegang kry tot aan-lyn data en dit gebruik n n gebruikersvriendelike omgewing. Die gebruik van die stelsels soos GE het egter heelwat beperkings omdat dit uitsluitlik beskikbaar gestel word vir die besigtiging van ruimtelike inligting.Blue Marble Geographics in samewerking met die Amerikaanse Geologiese Dienste (USGS) het jare terug begin werk aan sagteware waarmee n verskeidenheid van ruimtelike datastelle gelees kon word. Die sagteware is n paar jaar terug gekommersialiseer en staan vandag beken as Global Mapper. Die sagteware is bekostigbaar (ongeveer R4500 vir n lisensie) en bekik oor die volgende unieke eienskappe:

  • Onverbeterlike 3D vertoon van hoe resolusie beelde op digitale terreindata (DEM) – karteer verskynsels in 2D word onmiddelik vertoon in 3D

  • Toegang tot aanlyn datastelle bv. Worldview (50cm resolusie kleurbeelde) en ASTER DEM

  • Kragtige karteringsfunksies (skep poligone, punte – koppel enige dokumente, data aan die verskynsels)

  • Skep van beelde om op GPS gebruik te word

  • Lees meer as 200 data formate

  • Ondersteuning tot mobiele toestelle (skep beelde wat op bv. Samsung Tab gelees kan word)

  • Skep van kontoere uit DEM data

  • Verskeie terreinontledings-funksies

Deur wie beskikbaar in Suid Afrika?

SMC Synergy is huidiglik die verspreider van Global Mapper sagteware in Suid Afrika. Die maatskapy bied ook opleiding in die gebruik van die sagteware asook jaarlikse ondersteuing.

Vir meer inligting kontak Dawie Pretorius: david@smc-synergy.co.za of Tel.: 082 773 6491